

Die projek is een van die weinig In Suid Afrika wat behels dat ‘n hele gemeenskap van Wireless Internet bedien word. Beide die Kleinfontein dorp, Wildpark sowel as die Kleinfontein landbouhoewes word volledig van sein verskaf. Die Kleinfontein plaaslike owerheid en selfs die “bank” van Kleinfontein steun swaar op die diens.
Die Kleinfontein Wireless netwerk bedien selfs die sekuriteits sektor wat van Kameras gebruik maak om sleutel punte via die netwerk te moniteer. ‘n Addisionele voordeel vir die Kleinfontein gemeenskap is die interne telefoonstelsel wat deur middel van dieselfde netwerk funksioneer. Dit maak dit moontlik vir deelneemende kleinfonteiners om Gratis interne oproepe te maak. Kleinfonteiners kry ‘n maandelikse pakket wat die volgende insluit:
- Hoe spoed internet tot 4Mb/s
- Epos adressse inwoner@kleinfontein.net
- Gratis “Faks na email”
- Gratis Internet telefoon oproepe
Rekening navrae: rekeninge@kleinfontein.net
Ondersteuning: hulp@kleinfontein.net




